admin@beachgypsy.co.za 082 900 4797 VAKANSIE HUIS BESTUUR EN VERHURINGSDIENSTE

Beach Gypsy Dienste: Sean & Collette Mc Geer sien uit daarna om u te verwelkom in hulle besonderse woonstel ‘The Deck’.  Sou u iets anders in gedagte hê sal hulle u assisteer om die regte akkomodasie te vind.  Sou u u eie vakansie huis besit kan hulle hel om die instandhouding van die eiendom, tuin en swembad te doen sowel as maandelikse toesig, skoonmaak dienste en selfs om die koskaste vol te maak voordat u arriveer en u by die lughawe te gaan haal.  Ons sal jul persoonlike vereistes met elke individu bespreek en vir elkeen ‘n individuele pakket uitwerk om by jul behoeftes te pas.  Vul asb die aangehegte Eienaar/Bestuurder Navraag vorm in.

Ons dienste sluit die volgende in:

a) Huis Instandhouding: Ons doen gereelde besoeke om enige foute/instandhoudingwerk te rapporteer.  Indien daar herstelwerk nodig is sal ons kwotasies verskaf wat deur u goedgekeur word en dan toesig hou oor die herstelwerk.

b) Tuin en swembaddens: Ons sal toesig hou oor u gekose tuin en swembad dienste.  Indien daar enige probleme is kan u gekose diensverskaffer ons kontak.  Ons sal aan u terug rapporteer en enige sake assisteer.

c) Motor, Boot & Jet Ski Dienste of Instandhouding: Laai van batterye, nagaan van olie, bande druk nagaan en was van voertuig.  Rapporteer en assisteer met enige meganiese probleme.

d) Skoonmaak en voorbereiding van huis: Voor u arriveer sal ons u eiendom voorberei en skoonmaak.  Inkopies kan gedoen word volgens u lys, Elektrisiteit kan herlaai word, yskaste en warm water kan aangeskakel word.

e) Sekuriteit: U sekuriteitsmaatskappy kan ons skakel indien daar ‘n probleem is met alarms of inbrake.

f) Lughawe vervoer: Vervoer vanaf en na die lughawe kan gereel word.  

g) Vakansie verhurings: Indien u ‘n eiendom besit waardeur u graag ‘n ekstra inkomste van wil kry, sal ons u eiendom adverteer en uitverhuur of u kan u eie verhurings doen en ons sal u gaste ontvang en die aanmeld en vertrek hanteer.  Ons sal u eiendom voor en na elke besoek skoonmaak.

Eienaar/bestuurder verhurings  navraag vorm