admin@beachgypsy.co.za 082 900 4797

Sean & Collette Mc Geer

Wie is ons: Collette is in die Sirkus & vermaak wereld gebore.  Sy het wereldwyd opgetree as ‘n ‘Trapeze’ kunstenaar.  Sy het haar man Sean in 1992 ontmoet by ‘n plaaslike sirkus.  Sean is a talentvolle ‘flying trapeze’ kunstenaar sowel as ‘n nar wat mense al jare lank vermaak.  Hy spesialiseer in kinder vermaak en waaghals toertjies.  Sean en Collette het vele programme uitgewerk en daarin opgetree insluiten die uiters waaghalsige Motorfiets op hoe draad en Collette was een van die eerste vroue ter wereld wat ‘n man (Sean) vang op die ‘flying trapeze’.  In 1993 het die paartjie die Sirkus verlaat en hul eie suksesvolle vermaak en onthaal area besigheid in Johannesburg begin.  Hulle het by verskeie gesogte geleenthede hul ‘trapeze’ vertoning gehou insluitend vir oud president Nelson Mandela.  Hulle vermaaks- en onthaal maatskappy het onthale en vermaak aan al die top maatskappye in Suid Afrika gelewer insluitend Sun International, Tsogo Sun, Neotel, Vodacom, MTN & die Randse Skou. Hulle het kunstenaars regoor die wereld ingevoer om in sommige produksies deel te neem.  Hulle het hul maatskappy gegroei om in die TV en film bedryf in te gaan en het saam met bekende film en sport sterre gewerk.  In 2002 het hulle ‘n plot in die suide van Johannesburg gekoop en het daar hulle baie suksesvolle onthaal lokale insluitend Macs Party Farmyard, Teenage Party Bash, Unique Fountain Venue, Circus Party & Adventure zone begin. In 2016 het hulle besluit om als te verkoop en wortels te gaan neerle om hul droom te leef in die pragtige Jeffreys Baai saam met hul tiener seun Ryan, 4 Franse poedels en hul kat.  Hulle het hulle besonderse grondvloer selfsorg woonstel genaamd ‘The Deck’ opgeknap en is nou beskikbaar om te huur.  Dit is loop afstand van die strand af en het ‘n asemrowende uitkyk oor die beroemde branderplank plekke in J-Bay.  Hul vakansie woning instandhoudingsdienste het begin toe vriende hul gevra het om hul vakansie verhuringsplekke te bestuur, na om te sien, skoon te maak en in stand te hou.  Hulle het baie van hul toerusting en vermaak apparate saam gebring na Jeffreys Baai en het hulle nuwe maatskappy begin genaamd Gypsy Events. 


JEFFREYS BAAI

Gelee op die skilderagtige Tuinroete in die Oos Kaap net duskant die N2 hoofweg omtrent 75km Suidoos van Port Elizabeth.

Jeffreys Baai is bekend as die tuiste van die perfekte branders en eindelose somers.  DIE DORP VAN DROME is bekend vir wereldklas branderplankry, walvisse, dolfyne en pragtige skulpe.   

Die omgewing is naby asemrowende fauna en flora, wereldklas wild en natuur reservate.

Klimaat:               Somers is warm to baie warm met matige humiditeitsvlakke.

                            Winters is matig en aangenaam.

Restaurante:          Hier is a verskeidenheid restaurante en kitskos opsies of van te kies en te keur.

Inkopies:              Woolworth’s, Super Spar, Food Lovers, Checkers, Pick & Pay


Wie is ons